36ste Oscar-toekenningsaand

  36ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 13 April 1964
Plek Santa Monica-burgerouditorium,
Santa Monica, Kalifornië
Aanbieder Jack Lemmon
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Tom Jones
Meeste pryse  Cleopatra (4)
Meeste benoemings  Tom Jones (10)

Die 36ste Oscar-toekenningsaand is op 13 April 1964 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Santa Monica, Kalifornië, gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1963. Die aanbieder was Jack Lemmon.

Die wenner van die Oscar vir beste prent, Tom Jones, is die enigste prent nog wat drie benoemings vir beste vroulike byspeler gekry het. Dit het ook die rekord geëwenaar van vyf onsuksesvolle akteursbenoemings wat in 1958 deur Peyton Place opgestel is.

Die wenner van die Oscar vir beste aktrise was uniek. Hoewel sy ’n byrol gespeel het en relatief min tyd op die skerm was, het Patricia Neal die kategorie gewen vir Hud. Dié prent was ook die laaste een nog wat twee akteurspryse gewen het sonder dat dit vir beste rolprent benoem is.

Op 71 was Margaret Rutherford die oudste wenner van ’n Oscar vir beste vroulike byspeler. Sy was maar die tweede persoon oor 70 toe sy ’n Oscar wen. Die ander persoon was Edmund Gwenn. Sidney Poitier was die eerste swart Amerikaner wat ’n Oscar vir beste akteur gewen het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy